web hosting south africa
Begin Hosting met UniWebServe

::Ek het 'n web blad en ek wil dit skuif
::Ek wil 'n prys op 'n nuwe webwerf hê
web space:: Web hosting vanaf slegs R49 per maand  


 

Suid Afrikaanse web hosting

:: web hosting
:: domein registrasie
:: web blad ontwerp
:: search engine optimisation
:: e-pos handtekeninge

Tutoriale:

::Hoe om jou e-pos rekening
  op te stel.




 

Algemene Vrae

Domein Vrae

Hosting Vrae

Betaling / Rekening Vrae

Tegniese FAQ

E-commerce



Wat is 'n domein?

As jy kyk na die URL van die blad, sal jy sien dit begin met www.uniwebserve.comOns domein naam is die deel wat na www is, dus uniwebserve.com.  Die domein naam moet uniek wees en moet jou besigheid of organisasie 'n identiteit te gee op die internet.  Jy kan die naam gebruik vir jou web blad en e-posse.

Hoekom het ek 'n domein naam nodig?

Domein name word deur registreerders geregistreer op 'n eerste-kom, eerste-kry basis.  Sodra 'n domein naam geregistreer is, is dit nie meer beskikbaar vir die publiek om te registreer nie.  Domein name word elke dag geregistreer, so hoe langer jy wag, hoe minder word jou opsies.Domein name wat jou besigheid of organisasie reflekteer (bv. yahoo.com, intel.com) is die beste om te registreer.  Hou in gedagte dat soek engines gewoonlik jou blad beter lys as die sleutel woord in die domein is.

Hoekom moet ek vandag 'n domein registreer?

:: Om die kostes van adres veranderinge later te vermy.
:: Om te verhoed dat iemand anders die naam registreer wat jy wil hê.
:: Om jou kans op 'n suksesvolle teenwoordigheid op die internet meer suksesvol te maak.

Hoe vinniger jy jou domein naam registreer hoe beter is die kanse dat jy die domein kry wat jy wil hê. Wanneer 'n domein geregistreer is, is jou enigste kans om dit te kry om dit te koop van die eienaar. Onthou, jou domein naam hoef nie net vir 'n besigheid te wees nie. Mense registreer domeins self vir persoonlike og groep gebruik.

Hoe registreer ek 'n domein naam?

Soek vir jou domein naam deur ons handige domein soek funksie op ons domeins blad. Voltooi dan die navraag vorm. Jy kan ook 'n e-pos stuur na domains@uniwebserve.com om uit te vind of jou domein beskikbaar is en om dit so gou moontlik te registreer.

Die domein wat ek soek is nie beskikbaar, maar daar is geen web blad op dit?


Baie mense registreer 'n domein om reg te maak vir die op stel van 'n web blad.  Hulle is dalk nie nou reg vir 'n web blad nie, maar tenminste weet hulle dat hul die naam het wat hul wil hê totdat hul reg is met die web blad.  Ons kan domein eienaars 'n offer maak on die domein namens jou te koop.  Jy kan kies om anoniem te bly, en sal aanspreeklik wees vir die koste en ons 25% heffing vir ons diens.  Die diens is gratis vir bestaande Uniweb kliënte een keer per jaar.

Ek het 'n web blad. Kan my nuwe domain na dit wys (point)?

Ja. Dit word "Domain Forwarding" of "URL Redirection" genoem. Jy kan enige domein koop en dit na jou bestaande web blad wys (point). Wanneer besoekers jou nuwe domein naam in tik, sal hul na jou bestaande web blad gaan sonder dat jy jou web blad hoef te skuif of jou domein naam hoef te verander.

Ek wil my domein naam verkoop

Daar is 'n paar maniere hoe dit gedoen kan word. Kontak ons vir meer informasie.

Ek wil my domein skuif na Uniwebserve

Voltooi die vorm om jou domein te skuif hier en ons doen die res!

Ek wil my domein weg skuif van Uniweb

Faks asseblief 'n kanssellasie brief na 0866 161601 of e-pos dit na accounts@uniwebserve.com. Geen skuif sal goed gekeur word as die rekening nie op datum is nie.

Ek het al reeds my domein naam geregistreer, maar nou het ek van plan verander

Sodra 'n domein naam geregistreer is kan dit nie verander word nie.  Jy is welkom om 'n nuwe naam te registreer.  Die ou domein sal verval aan die einde van die registrasie periode (gewoonlik 'n jaar) as jy besluit om dit nie te hou nie.

Wat is die "disk space" waarna jul verwys in jul pakette?

Dit is die hoeveelheid harde skyf spasie wat jy sal kry om jou web blad op ons server te stoor.  Die hoeveelheid hang af van die hosting paket wat jy gekies het. Sien ons hosting opsies.

Wat is "bandwidth" of "data transfer"?

Wanneer 'n besoeker deur jou web blad kyk, word als wat hul na kyk na hul harde skyf na die "browser cache" af gelaai.  Daarom moet jy altyd probeer om jou web blaaie en foto's so klein as moontlik te hou om "bandwidth" gebruik te bespaar.  Besiger web blaaie word meer gereeld na gekyk en gebruik dus meer "bandwidth".

Wat gebeur as my bandwidth uit hardloop?

Ons monitor "bandwidth" gebruik baie noukeurig.  As "bandwidth" gebruik naby of oor die toegelaate hoeveelheid is vir ten minste 2 maande, sal ons opgradering voorstel.  Jou web blad sal nie af gaan weens onvoldoende "bandwidth" nie, en ons sal jou nie ekstra vra dit terwyl ons die gebruik monitor nie.  Ons sal jou vroeg genoeg waarsku dat jpu blad besiger is en dat jy moet dink aan opgradering.

Kan ek op of af gradeer in die middel van die maand?

Jy kan enige tyd op of af gradeer (ons sal jou nie ekstra nie) en die nuwe hosting fooi sal in werking tree in jou volgende faktuur.


Hoe kansselleer ek my hosting?

Faks asseblief 'n kanssellasie brief na 086 616 1601 of e-pos dit na accounts@uniwebserve.com. Jy kan jou hosting enige tyd kanselleer sonder enige boetes. Geen terug betalings word gedoen vir die maand wat jy in kanselleer nie.

Wat is die kostes van 'n domein registrasie?

Kliek hier vir ons domein pryse.

Wanneer betaal ek vir my domein?

Voor jou domein aktief gemaak word, moet jy 'n deposito strokie of ander betalings advies e-pos na accounts@uniwebserve.com of faks na 086 616 1601.

Hoe betaal ek vir my domein?

Ons aanvaar alle groot krediet kaarte, debiet kaarte, direkte deposito's, elektroniese oorplasings (EFT) of tjeks wat uit gemaak is aan Uni Web Serve cc. Ons bank besonderhede verskyn altyd op jou nuutste faktuur. LET WEL: Domein registrasies sal slegs suksesvol geregistreer word sodra ons die bewys van betaling ontvang het.

Ek dink my domein moet hernu word, wat moet ek doen?

Wanneer jou domein hernu moet word, sal ons jou 'n mand voor die tyd in kennis stel. As jy die domein wil behou, sal ons die fooi by jou volgende faktuur by sit.

Wat is die kostes om kontak besonderhede van my domein naam te verander?

Alle domein op daterings is gratis.

Ek gaan vir 'n hele tyd nie my domein naam gebruik nie, is dit reg?


Jy kan jou domein parkeer op on server vir solank as jy wil tot jy dit nodig het. Volgens on diskressie, kan ons 'n R25 parkering fooi vra, afhangende van jou geskiedenis met ons.  As jy 'n betaande hosting kliënt is, is daar geen kostes.

Hoe lank neem dit vir my domein om geregistreer te word?

Die proses neem gewoonlik tussen 1 tot 48 uur vir dir domein on suksesvol te registreer op die web.

Sal my kontak besonderhede beskikbaar wees vir die publiek om te sien?

Inligting oor wie verantwoordelik is vie die domein is beskikbaar vir regs, tegniese, verbruikers, handelsmerk en ander redes.  Die registrateur stel die inligting oop aan die publiek deur 'n WHOIS server.

Wat is e-commerce?

E-Commerce is die vermoë om aanlyn trandaksies vir jou besigheid te kan doen.  Jy het die opsie om kodering aan te koop vie die beskerming van belangrike informasie soos jou krediet kaart besonderhede.

Hoekom sal ek e-commerce benodig op my web blad?

Deur kliënte toe te laat om aanlyn navraag te doen, sal die proses
vir jou vergemaklik word en ook die onvermydelike menslike foute verminder.  E-Commerce winkels is 'n slim en professionele wyse om ekstra verkope en sodoende inkomste te kry, selfs al doen jy reeds toonbank verkope.

Ek het ander vrae wat nie hier bespreek word nie.

Voel vry om ons te e-pos! Ons sal binne 24 uur na jou terug kom met jou antwoorde.



Begin Hosting met UniWebServe

::Ek het 'n web blad en ek wil dit skuif
::Ek wil 'n prys op 'n nuwe webwerf hê


 

 
 
 



:: copyright uniwebserve.com 2008 - 2014 ::
web hosting south africa :: terms