web hosting south africa
Begin Hosting met UniWebServe

::Ek het 'n web blad en ek wil dit skuif
::Ek wil 'n prys op 'n nuwe webwerf hê
web space:: Web hosting vanaf slegs R49 per maand  


 

Suid Afrikaanse web hosting

:: web hosting
:: domein registrasie
:: web blad ontwerp
:: search engine optimisation
:: e-pos handtekeninge

Tutoriale:

::Hoe om jou e-pos rekening
  op te stel.




 

Hoe om jou identiteit aanlyn te beskerm.

Hier is 'n interessante artikel deur Katerina Mitrou,' n skrywer vir Entireweb, oor die beskerming van jou identiteit aanlyn. In die dag en tyd van hackers en die internet moet ons so versigtig wees vir die manier waarop ons professionele informasie beheer.  Dis iets waaraan ons dalk nie genoeg aandag gee nie, maar ons dalk baie moeilikheid kan bespaar.

Hoe om jou identiteit aanlyn te beskerm.

Deesdae is al hoe meer mense op die internet, soos tegnologie uitbrei en aanlyn dienste meer en meer groei.  Baie mense gaan aanlyn om bankdienste en inkopies te doen en so ook hul e-pos te lees en om op te vang met die nuus.  Dit is hoekom dit so belangrik is om jou identiteit aanlyn te beskerm.  Soos identiteit diefstal al hoe meer word, is dit noodsaaklik vir almal om ekstra versigtig te wees om jou informasie te beskerm - voor dit in die verkeerde hande beland.

Elke keer wat jy aanlyn gaan om 'n transaksie uit te voer, stel jy jou identiteit in gevaar.  Ongelukkig gebruik misdadigers ook die internet en maak gebruik van die tegnologie om identiteit diefstal te pleeg.  Hierdie tipe kuber-kriminele versamel persoonlike inligting aanlyn en verkoop dit aan ander vir wins, of gebruik dit tot sy / haar eie voordeel.

Gelukkig is daar baie dinge wat jy kan doen om een stap voor te bly en jou identiteit so veilig moontlik te hou.  Die internet landskap verander gedurig, so jy moet altyd voor bly sodat jou identiteit so veilig moontlik kan bly.

Die eerste ding wat jy moet doen is om te leer hoe om phishing te vermy.

Phishers gebruik vals e-posse en web blaaie om voor te gee dat hulle die ware maatskappy of instelling is, soos banke en versekerings maatskappye.  Wanneer mense vals e-posse ontvang, word hulle om die bos gelei om wagwoorde, krediet kaart nommers en ander soort gelyke informasie te voorsien.  Wees gewaarsku, die kriminele is baie goed met wat hulle doen, so wees ekstra versigtig as jy werk met e-posse van jou bank of ander instansies.  Die belangrikste om te onthou is dat banke of ander instansies nooit jou besonderhede aanlyn sal aanvra nie.  Wees versigtig en kontak die persoon wat die e-pos aan jou gestuur het persoonlik per foon om die navraag te bevestig.  Omdat baie phisers spam e-pos gebruik om jou informasie te bekom, is dit goed dat jy 'n goeie spam filter installeer om so veel moontlik spam uit te hou.

Gebruik jou kop, selfs as jy met e-posse werk.  Moet bv nie e-posse oop maak wat jy as verdag beskou nie.  Maak slegs oop as jy weet van wie dit af kom.

Moet NOOIT jou id nommer oor die internet stuur nie.

Niemand behoort dit aan te vra nie, maar as jy daarvoor gevra word, bevestig wie dit aan vra en stuur dit direk aan daai persoon.

Nog 'n goeie manier om ID diefstal te voorkom is deur jou rekenaars, skootrekenaars en PDA's te beskerm met wagwoorde.

Dink aan 'n unieke Username en wagwoord vir elke item.  Die selfde reël geld vir alle wagwoorde wat jy moet opstel vir enige aanlyn aktiwiteite.  Hoekom?  As een wagwoord gevind word deur 'n persoon, en jy gebruik dieselfde vir almal, kan hy/sy in al jou rekeninge in gaan.  Wanneer jy 'n wagwoord kies, maak 'n letter, nommer kombinasie op.  Jy kan ook snaakse karakters gebruik wat nie in die woordeboek voorkom nie.  Dit sal baie moeiliker wees om deur 'n scammer ontsyfer te word.

Hou die hoeveelheid persoonlike inligting op jou rekenaar tot 'n minimum.

In die geval dat jou rekenaar gehack word of jou skootrekenaar gesteel word, sal jy minder blootgestel wees aan id diefstal, omdat jy die skelm nie veel gee om mee te werk nie.  Nog 'n goeie idee is om 'n persoonlike "firewall" program te installeer.  Alhoewel programme soos windows reeds 'n "firewall" het, sal nog een jou beter beskerm teen hackers, inbrekers verhoed om sensitiewe informasie te bekom en laat jou internet verkeer beheer.

Koop antivirus sagteware en hou dit op datum.

'n Hoë kwaliteit virus beskerming program kan virusse, "Trojan Horses" en ander gevaarlike items wat ontwerp is om jou informasie te steel help voorkom.  Dit sal ook e-posse en IM aanhangsels skandeer vir virusse.  Sien www.uniwebserve.com/antivirus.htm

Bo en behalwe die antivirus sagteware, maak seker dat jou rekenaar met die nuutste anti-spyware beskerming op gestel is.

Alhoewel baie van die programme slegs jou aanlyn aksies monitor vir bemarkings doeleindes, is ander weer gemaak vir ander redes, insluitend "keystroke logging" en identiteit diefstal.  Sien www.uniwebserve.com/spyware.htm

Laaste: wanneer jy jou rekenaar wil op gradeer en jy gaan jou ou een weg gooi of verkoop, onthou op al jou informasie van die hardeskyf te verwyder.

Baie mense glo verkeerdelik dat wanneer jy leêrs uitwis, hulle heeltemal uit gewis is, maar dis nie die geval nie.  Wanneer jy leêrs uitwis, bly dit nog op die hardeskyf en moet uit gevee word voor jy dit verkoop of weg gee.  Sagteware wat as "wipe" programme of "shredders" bekend staan, kan gebruik word om jou data oor de skryf om as nulle of patrone voor te kom en sodoende onleesbaar is.  Jy kan gratis programme kry wat hardeskywe uitwis by http://www.filetransit.com/category.php?id=126

Dit is die moeeite werd om al die voorsorg maatreëls toe te pas om sodoende jou informasie onder slot en grendel te hou.  Om die gemors te probeer opklaar wat 'n identiteits dief gemaak het, is 'n nagmerrie en kan jou jare neem.  So, neem nou beheer en beskerm jou persoonlike informasie.  Gebruik jou kop en 'n paar tegniese hulpmiddels om die internet diewe op hok te hou.

web hosting



Begin Hosting met UniWebServe

::Ek het 'n web blad en ek wil dit skuif
::Ek wil 'n prys op 'n nuwe webwerf hê


 

 
 
 



:: copyright uniwebserve.com 2008 - 2014 ::
web hosting south africa :: terms