web hosting south africa Begin Hosting met UniWebServe

::Ek het 'n web blad en ek wil dit skuif
::Ek wil 'n prys op 'n nuwe webwerf hê
web space:: Web hosting vanaf slegs R49 per maand  


 

Suid Afrikaanse web hosting

:: web hosting
:: domein registrasie
:: web blad ontwerp
:: search engine optimisation
:: e-pos handtekeninge

Gratis Web Ontwerp :

::Vir nie winsgewende
  organisasies          

::Vir kwalifiserende liefdadigheid

Tutoriale:

::Hoe om jou e-pos rekening
  op te stel.

::Hoe om jou e-pos te backup
::Search Engine Optimisation
::Beskerm jou identiteit aanlyn

Registreer 'n Domein:

::Domein Registrasie
::Kies 'n Domein Naam


Suid Afrikaanse search engine optimization








 

 

Search Engine Optimasie

Oorsig

SEO en Web Bemarking

Meer as 80% internet gebruikers vind nuwe web blaaie deur search engines. Search engine gebruikers is van die mees gekwalifiseerde en gemotiveerde besoekers op jou web blad, aangesien hul jou blad gevind het deur daarvoor te soek en dan daarop gekliek het om meer te lees.

Vir SEO, is dit nie net belangrik wat jy doen nie, maar ook hoe jy dit doen. Om sleutelwoorde in te sit en jou blad te lys op die search engines is nie al wat gedoen moet word om goeie resultate te kry nie.

Ingesluit hier is belangrike informasie oor ander tipes internet bemarking wat 'n belangrike deel vorm van jou besigheid. Wanneer jy SEO en internet bemarking meng, het jy 'n sterk strategie om jou search engine rank 'n voorsprong te gee en soedoende meer besoekers na jou blad te bring.

1. Watter sleutelwoorde is die beste?

Jy kan dit uitvind deur bietjie navorsig te doen en uit te vind wat dit is wat mense na soek. Die populêre sleutelwoorde is nie altyd die beste nie. As almal dit gebruik, raak dit net moeiliker vir jou web blad om hoog te rank bo jou kompetisie. Partykeer is dit beter om die nie populêre sleutel woorde te gebruik om jou 'n groter deel van die mark te gee wat soek na jou produk.

2. Domein navorsing

'n Goeie sleutelwoord ryke domein is baie belangrik. Ons kyk na hoe jy 'n goeie domein naam kan kies, en watter domein uitbreiding die beste is vir jou.  Dit is goed om meer as een domein te hê en baie belangrik om jou blad verwysings versigtig te hanteer.

3. Blad Optimasie

Baie mense doen net hul tuisblad en besef nie dat ELKE blad gerank kan word nie, wat jou 'n beter kans gee om gevind te word. Elke blad het ander informasie, so gebruikers kan op enige blad land wat sy beskrywing die beste pas. Blad optimasering gaan ook oor die skep van 'n search engine vriendelike uitleg, die belangrikheid van 'n web kaart en links.

4. Byvoeging tot Search Engines

Die geheim is om jou blad op 'n paar groot Search Engines te laai. Die duisende ander kleiner engines sal jou wel vind. Deur die groot engines te teiken, teiken jy die meerderheid internet gebruikers. Partykeer is dit 'n geval van gee 'n goeie posisie op by een vir 'n goeie posisie op 'n ander, so jy sal moet besluit watter engine vir jou meer belangrik is.

5. Koppel strategie

Twee rigting ruilings werk nie meer nie. Groot engines soos Google het hul algoritmes herskryf om te fokus op die web blaaie wat een rigting inkomende skakels het.  Daar is 'n paar maniere waarop jy een rigting skakels kan kry.

6. Spesiale Belangstelling of tutoriaal web blaaie

In die verlede het mense verskeie kopië van hul web blad op verkillende domeins gepubliseer om sodoende meer besoekers te kry. Search Engines penaliseer jou nou as jy enige informasie dupliseer op die web. Jy kan klein stokperdjie og hoe-om web blaaie wat verband hou met jou blad publiseer wat jou kan help om meer besoekers na jou blad te bring. Jy kan SEO op die blaaie doen om di kans te vergroot dat besoekers jou hoof blad kan vind.

7. Betaal per kliek veldtogte

SEO neem 'n paar maande om sy volle potensiaal te bereik, daarom moet ons dit aan help met lae koste betaalde advertering. Betaal per kliek beteken dat jou advertensie in 'n prominente plek posisie sal vertoon langs die soek resultate.  Die beste nuus is dat jy slegs betaal wanneer iemand op jou advertensie kliek.  Dis normaalweg tussen 'n paar sent tot 'n paar rand per kliek.

8. E-pos bemarking

E-pos bemarking is dikwels 'n verwaarloosde bemarkings kanaal. E-posse moet so gestruktureer word dat dit nie as spam gesien word of gevang word deur die spam filtreerders nie. Hulle moet waarde bied aan die ontvanger, nie net blote verkope nie. Jy moet mense respekteer wat nie meer e-posse van jou wil ontvan nie. Ons kan ook kyk na metodes om 'n groot e-pos lys op te bou.

9. Gratis en betaalde advertering

Jy sal verbaas wees oor hoeveel gratis advertensie jy op die internet kan kry. Elke advertensie bring meer besigheid in en so ook 'n eenrigting skakel. Daar is ook die meer tradisionele betaalde advertensie metodes soos baniere en knoppe. Ons identifiseer sekere web blaaie as goeie plekke om te adverteer.

10. Web PR / Skryf van artikels

Dit is 'n fantastiese manier om jou "merk" op die internet te vergroot. Artikels kan geskryf en geplaas word op verskeie gratis blaaie, gidse en blogs. Dit bou geloofwaardigheid wanneer mense hul antwoorde in die artikel vind. Die skrywer word gewoonlik gesien as 'n kenner op die onderwerp. Ons kyk watter tipe artikels geskryf kan word, waar om die informasie te kry en waar om hulle gratis te plaas. Om artikels te skryf is 'n uitstekende manier om kwaliteit een rigting skakels te kry. Hierdie metode neem 'n bietjie meer tyd, so is een van die duurder aspekte van' n omvattende aanlyn bemarking strategie.

11. Monitor SEO

Dit is belangrik om elke aspek van jou SEO veldtog te monitor sodat sukses gemeet kan word sodat ons daarop kan bou en verbeter.

12. Algemene wenke

Daar is ander belangrike aspekte van jou webwerf wat SEO direk of indirek beinvloed, bv. goeie handelsmerke en gebruikers vriendelike web blaaie, plus ander belangrike bladsye of vorms wat elke webwerf behoort te hê. Dit is oor die byvoeging van geloofwaardigheid aan jou webwerf en om besoekers die vertroue in jou maatskappy te gee en hulle aanmoedig om by jou te koop. .

. . . / Einde


Artikel Copyright © 2008 deur die skrywer: Philip Jonker Hierdie artikel mag gereproduseer word op voorwaarde 'n skakel word terug na hierdie bladsy gegee.

 

 

 
 
 

Hosting Homepage


:: copyright uniwebserve.com 2008 - 2014